Previous ◁ | ▷ Next

Kings Wildebeest

Na vele sukses met GoueWildebeeste en jare lange kennis met die teel van GWB’e was dit vir Romaco eintlik ‘n baie maklike besluit om in die volgende kleurvariasies van Wildebeeste te bele nl Konings Wildebeeste en Wit Wildebeeste.

Konings Wildebeeste is definitief die meer bekende een van die twee “nuwe” kleurvariasies, en het net soos die Goue Wildebeeste natuurlik voorgekom in die Tuli Blok van Botswana. Ons is bevoorreg om ‘n bul en vers te kon bekom in 2013 waarop ons baie trots is en groot toekoms planne voor het.

Wit Wildebeeste is die minder bekende Wildebeeste en selfs skaarser as die Konings Wildebeeste. In 2012 was ons gelukkig om ‘n paar van hierdie intressante diere te bekom en was ons gelukkig genoeg om reeds in die 1ste jaar ‘n kalf te kry uit een van ons jong wit verse.

Met albei nuwe kleur variasies is ons nog in ons kleuterskoene maar ons is vas oortuig dat met die kennis van Goue Wildebees telery ons vining dieselfde sukses met die nuwe projekte ook sal behaal.

Om meer fotos te sien, gaan asb. na ons gallery - KLIEK HIER