Sable Antelope (Matetsi, Zambian and Cross Zambian bloodlines)

Goeie genetika is selde te duur. Swak genetika is altyd te duur. 

Hierdie waaghalsige stelling is duidelik sigbaar in vandag se groeiende en veranderende wildbedryf waar een van die enigste konstantes die hoe aanvraag na kwaliteit diere is. Met aanvraag wat so hoog is vir kwaliteit diere, kan jy ‘n duidelike skeiding op veiling pryse sien vir kwaliteit diere en sub-standaard diere.
Dit is dan ook juis om die rede dat dit “onbekostigbaar” is om nie van die begin af die regte genetika te bekom om in jou teelprojekte te gebruik nie.

Meer as ‘n dekade gelede het Romaco al besef dat om “vorentoe” te teel en altyd diere te he wat in hoe aanvraag is, mens die beste moontlike genetika moet bekom om in ons teelprogramme te gebruik, daar is dus reeds van die begin af net die beste suiwer matetsi vroulike diere van verskillende bekende telers af gekoop en soos almal weet kom goeie genetika nie net van een kant af nie en is daar begin soek na die regte teelbul om met hierdie uitsoek vroulike diere te teel.

Romaco Ranch was gelukkig of eerder geseend om op Koning- ‘n suiwer Zambiese bul vanaf Thaba Tholo af te kom. Koning wat die pa van Alpha(50”) is het ‘n nuwe dimensie aan die teeltrop gegee en oor die jare het ons verskeie top Zambiese kruis diere geteel met Koning as pa. Koning se verse het die gewilde rooi kleur en besonderse horinglengte  van jong ouderdom af gehad  en  sy bul kalwers was ver bo gemiddeld en daarom kon ons ook al verskeie van hulle as teelbulle verkoop aan ander vooraanstaande telers met horinglengtes wat wissel tussen 47” en 49”.

Met sulke besonderse kalwers en verse om oor liries te raak het Romaco met ‘n nuwe “dilemma” gesit nl: Watter bul om saam met Koning se verse te gebruik, wat wel sal help om voort te bou op die Koning “Legacy”? Na baie gesoek en vele finansiele beraming het Romaco vir die bekende Nyala bekom om  by Koning se verskalwers te gebruik. Nyala is die pa van Maximus(51”), Wiele (50”- wat vir meer as 11miljoen op Thaba Tholo se veiling verkoop is) asook verskeie ander top teelbulle. Wat meer wil jy hê as sulke top gehalte beproefde genetika?

Na vele sukses met dié Zambiese bulle is daar in 2009 besluit om ook met ‘n Suiwer Zambiese kudde te begin om sodoende die beproefde teelbulle tenvolle te benut deur suiwer Zambiese aanteel te bekom. Ons het ‘n wye genetiese verskeidenheid diere bekom vanaf bekende telers soos Dries Visser met sy swart masker diere, Thaba Tholo met hulle besonderse horinglengte en oorspronlike Sable Ranch diere wat alombekend is in die bedryf agv hulle besonderse kwaliteit.

So ook met ons Matetsi teeltrop het ons ‘n verskeidenheid Suiwer Matetsi Koeie vanaf bekende telers soos Dinaka, Sable Ranch, Kwanare en Zingela bekom in 2000, en het ons besluit dat slegs die beste bulle goed genoeg is vir die diere. Bulle soos Joker (47”), Bravo(45”) en nou ook die bekende Caprivi (47”) is gebruik in die teelprojek.

Huidiglik is Romaco Ranch in die bevoorregde posisie om oor  'n Suiwer Zambiese kudde, 3 Kruis Zambiese kuddes en ‘n Suiwer Matetsi trop te beskik. Met so ‘n wye verskeidenheid van top genetika met verskeie uitsoek teelbulle  kan ons met trots se dat ons aan meeste van ons kliente se behoeftes kan voorsien en besig is om die Swartwitpense van die toekoms te teel.

Sien asb al ons verskeie teelbulle se fotos en inligting in die gallery - KLIEK HIER