Heartwater Springbuck

Springbokke in die Waterberge was vir baie wildsboere nog net ‘n droom wat onrealisties voorgekom het agv die uiters strawwe hartwater wat in die area voor kom.

Romaco het besluit dat dit ‘n droom is waarop hulle bereid is om kanse  te waag en het baie Springbokke van sogenoemde Hartwater streke af  gekoop. In die proses het ons baie skade gelei met die meerderheid van die verskeie groepe Springbokke wat dood is juis aan Hartwater en ons was naby aan “breekpunt” met die Springbokke, tot ons, ons laaste groep Springbokke ongeveer 7jr terug gekoop het van ‘n ander strawwe hartwater gebied. Diie Springbokke het by ons oorleef en ons kon al met verskeie troppe uitbrei vanuit die “moeder trop” sowel as oortollige ramme aan die jagmark verskaf.

Romaco sorg dat daar gedurig nuwe bloed ingebring word om inteling te vermy en ‘n wye genetiese variasie te handhaaf. Na die sukses met die gewone Hartwater Springbokke het ons  in 2013  besluit om die Springbok teelprogram uit te brei en die “grand slam”(Wit, Koper, Swart en Gewoon) springbokke te vestig op Romaco Ranch.

Ons hoop om eersdaags die mark te kan voorsien met top teelmateriaal sowel as manlike diere vir jagters in al 4 die verskillende kleure waarin Springbokke voorkom.

Kliek hier om meer fotos te sien.