Golden & Royal Gemsbuck

Kleurvariasies het nog altyd vir Romaco Ranch ‘n baie sterk aantrekkingskrag gehad. Daarom was dit ook net vanselfsprekend dat Romaco mettertyd ook sou bele in die Gemsbok kleurvariasies, net een probleem – Gemsbokke sukkel geweldig om aan te pas in die Waterberge en daarom moes ons eers ‘n trop gewone Gemsbokke vestig in die Waterberge sodat ons wel ‘n Goue Gemsbok se aankoop kan regverdig en ons risiko minimaliseer deur “skoolgeld” eerder te betaal op gewone gemsbokke.

In 2008 het ons ‘n paar gewone Gemsbokke in ‘n kamp gevestig en met byvoeding en seisoenale ontwurming het ons vining die trop vermeerder na ongeveer 20 volwasse vroulike diere en 2013 het ons besluit dat die tyd reg is om ook ‘n Goue Gemsbok bul by hierdie vroulike diere te voeg. Die bul het vining by die trop aangesluit en aanpassing was glad nie ‘n problem nie. Romaco Ranch sien baie uit na die bul se eerste kalwers om eersdaags aan te kom.

So ‘n jaar of drie gelede was daar vir die eerste keer ‘n foto van ‘n Rooi Gemsbok (of eerder die “royal gemsbuck” soos wat hulle dit nou noem) gepubliseer in een van die jag tydskrifte en sedertdien was ons vasgevang deur hierdie besonderse bokke. Ons het dadelik geweet dit is ‘n bok wat ons wou he om mee te teel, maar dit was makliker gesê as gedaan, want daar is nie sulke diere beskikbaar om te kan koop nie- Hulle is spreekwoordelik so skaars soos hoendertande.

Dus het ons vir ‘n jaar of drie gespook en in 2012 ‘n jong bul “ontdek” wat ons kon koop en hom saam met 'n trop jong verse gesit. Die bul behoort nou geslagsryp te wees en ons verwag ons eerste RooiGemsbok split kalwers in 2014 waarna ons baie uitsien.

Sien gerus die die gallery vir nog fotos van die merkwaardige dier - KLIEK HIER